Bliss @ Yzer

Bliss @ Yzer is 'n ruim en smaakvol versierde selfsorgwoonstel langs die eienaar se huis in Yzerfontein. Die woonstel het 'n gedeeltelike see-uitsig en is sentraal geleë naby verskeie geriewe en besienswaardighede in Yzerfontein.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuisie en leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die eenheid het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stofie met oond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 2 mense. Die leefarea bied toegang tot 'n patio en 'n tuinarea met 'n tafel en stoele geskik vir 2 mense en 'n Weber.
Televisie. WiFi op aanvraag.
Tarief per nag – R770 vir 2 persone.
Contact Person
Maretha
Mobile Number
0829405119
Nearby Amenities
On Site Facilities
Off Site Facilities
Services Offerred
Catering Service
Accolades
Currency
Kitchen Facilities
Room Facilities